Slymvorme

Wisselkleurige slymvorme, Diachea leucopodia. Berkeley, Kalifornië
Slymvorme Stemonitis fusca in Skotland
Fuligo septica, die "hondbraking"-slymvorm
Mycetozoa van Ernst Haeckel se 1904 Kunstformen der Natur

Slymvorme is 'n informele naam wat gegee word aan verskeie soorte onverwante eukariotiese organismes wat vrylik kan leef as enkele selle, maar wat ook kan versamel om meersellige voortplantingstrukture te vorm. Slymvorme is voorheen geklassifiseer as swamme, maar word nie meer beskou as deel van daardie klassifikasie nie.[1]  Alhoewel hulle nie verwant is aan mekaar nie, word hulle soms nog steeds gerieflik gegroepeer binne die parafiletiese groep, waarna verwys word as die Protistaklassifikasie.

Meer as 900 spesies van slymvorme kom regoor die wêreld voor. Die algemene naam verwys na díe deel van die lewenssiklusse van sommige van hierdie organismes, waar hulle as gelatienagtige "slym" voorkom. Dit word meestal gesien in die miksogastrus, wat die enigste makroskopiese slymvorm is. Die meeste slymvorme is slegs 'n paar sentimeter groot, maar sommige spesies kan groottes bereik van tot 'n paar vierkante meter en 'n massa van tot 30 gram.[2]

Baie slymvorme, veral die "sellulêre" slymvorm, kom die meeste van die tyd nie in hierdie toestand voor nie. Solank kos volop is, sal hierdie slymvorme as eensellige organismes bestaan. Wanneer kos skaars is, sal baie van hierdie eensellige organismes versamel en begin beweeg as 'n enkele liggaam. In hierdie toestand is hulle sensitief vir lugchemikalieë en kan hul voedselbronne opspoor. Hulle kan maklik die vorm en funksie van dele verander en stingels vorm wat vrugte produseer. Hierdie vrugte stel talle spore vry, wat lig genoeg is om deur die wind gedra te word of aan verbygaande diere vas te sit.[3]

Hulle teer op die mikro-organismes wat in dooie plantmateriaal aangetref word. Hulle dra by tot die ontbinding van die dooie plantmateriaal, en teer op bakterieë, giste en swamme. Om hierdie rede, word slymvorme gewoonlik in grond, grasperke en in die grond van woude met bladwisselende bome gevind. In tropiese gebiede word dit oor die algemeen op blomgroepe en vrugte, asook in die blaredak van bome gevind. In stedelike gebiede word die slymvorme op deklae of selfs in die blaarreste in dakgeute gevind. Hulle groei ook in lugversorgers, veral wanneer die drein geblokkeer is.

  1. "Introduction to the "Slime Molds"" (in Engels). University of California Museum of Paleontology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2001. Besoek op 4 April 2009.
  2. Zhulidov, DA; Robarts, RD (2002). "Zinc accumulation by the slime mold Fuligo septica (L.) Wiggers in the former Soviet Union and North Korea". Journal of Environment Quality. 31 (3): 1038–1042. doi:10.2134/jeq2002.1038. PMID 12026071.
  3. Rebecca Jacobson (5 April 2012). "Slime Molds: No Brains, No Feet, No Problem" (in Engels). PBS Newshour. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy